top of page

Wie en wat is Kamp-Mal

Kamp-Mal het sy ontstaan te danke aan n behoefte wat Nardus Venter opgemerk het onder die Kamp gemeenskap.

Kamp-Mal het die lig gesien as n Facebook blad op 31 Mei 2016.

Tans het ons 2 Kamp-mal groepe, gekombineerd ongeveer 260 000 unieke lede, wat dit by verre die grootste kampeer sosiale media groep in die land maak.

​

Iets waarop ons baie trots is.


Die blad is geskep sodat jy ondervindinge kan deel hetsy goed of sleg, advertensies kan plaas wat kamp verwant is, raad kan uitdeel of vra, fotos kan plaas, beste praktyke kan deel, oorde kan beoordeel of sommer net kan kamp gesels.

 

Neem asb. kennis, ons lede is fisiese lede en nie likes en shares wat soos by baie ander blaaie gemeet word nie.


Kamp-Mal beskik oor n Webblad (www.kamp-mal.co.za), n webgebaseerde toepassing (www.kamp-malapp.co.za), n eie korttermyn versekeringspakket (Kamp-Mal Gerus wat deur Cross Country spesiaal vir ons gestruktureer is en onderskryf word) 


Kamp-Mal as n geregistreerde besigheid het n platform geraak waar kampeerder en verskaffers/ oordeienaar/ toeroperateur ens gemaklik met mekaar kan kommunikeer.


Ons admins keur elke liewe plasing, so dinge soos brand bashing of kru taal word opgetel nog voor dit geplaas kan word.

​

Ons gee mense die vryheid om onderwerpe goed te bespreek en die waarde daaruit te kry.

​

Kamp-mal tree ook dikwels op as bemiddelaar tussen verskaffers en kliënte.

Met die paar reëls in plek kry ons dit suksesvol reg om n gelukkige blad te hê waar mense hulleself behoorlik kan uitleef.

About Us: About Us
bottom of page